ToekomsVenster: Hy help dié wat versoek word

(Foto: Aaron Burden/Unsplash)

Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen. Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word. – Hebr. 2:17-18

Ai, mense kan somtyds ongenaakbaar onvriendelik wees met mekaar.

Harde harte, dit is ons probleem. Ek dink stellig dat alle aardse uitdagings, die goed wat mense mekaar aandoen, terug gevoer kan word na die toestand van die hart.

Daarom moet ons hartsake praat, hart tot hart.

Ek ken myself, jy ken jouself.

Getuig die manier waarop ek en jy lewe van ʼn veranderde hart.

Toegegee, somtyds wil die ou manier van dinge doen, dit wat by ʼn  lewe sonder Christus en sonder hoop pas, weer die oorhand kry. Paulus verstaan dit. Die goed wat ek wil dit doen ek nie, ek ellendige mens. Daarom skryf Hy, laat jou deur die Gees beheers, moenie toegee aan die impulse van die vlees nie.

Alles het nuut geword, lewe soos ʼn  nuwe mens.

Barmhartig, dit beteken sagte hart, vlees hart, nuwe hart. Hy sou ongenaakbaar jeens ons kon wees, Hy het die reg daartoe. Hy sou voorskriftelik en dwingend kon wees. Hy is God. Hy is rein in alle opsigte. Hy word omring van en deur die engele.

Waarom sou Hy sondige mense naby Hom toelaat?

Ten einde sy hart en ingesteldheid jeens ons te openbaar stuur Hy sy Seun om die straf wat ons onverskillige optrede verdien, op Hom te neem en die volle prys te betaal.

Daardie Seun tree daagliks met dieselfde gesindheid van liefde en omgee vir elke mens by sy Vader in. Hy pleit vir ons.

Die duiwel kla aan en met reg. Ons staan meermale skuldig wat die goed betref wat hy van ons sê. Jesus weet dat ons skuldig is.

Dan tree Hy by die Vader in en herinner sy Vader dat Hy vir daardie mens gesterf het.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.