ToekomsVenster: Hy het opgestaan

kruis-pers-sonsondergang

Foto: Aaron Burden/Unsplash.com

… en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos. – Die Openbaring 1:5

Sommige Christene se belydenis stop by die Jesus wat aan die kruis gesterf het. Inderdaad is dit ʼn strategiese moment in die verlossingsgebeure maar as Jesus nie opgestaan het nie is ons steeds verlore.

Luister na die apostel Paulus:

As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. – 1 Kor.15:19-20

Dis kruisie om ons nek is mooi en daar is geen probleem om dit te vertoon nie. Die kruis is ʼn sentrale Christelike simbool. Ons belydenis mag egter nie daar versand nie. Ek glo in Jesus wat gesterf en opgestaan het.

Sê saam met my die Geloofsbelydenis ter bevestiging van hierdie waarheid.

“En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.”

Juis omdat Jesus opgestaan het is ons opstanding gewaarborg. Die opstanding is egter nie net ʼn toekomstige werklikheid nie maar ʼn daaglikse belewenis.

Vandag word ons geroep om in die opstandingskrag en werklikheid van Jesus te leef en te getuig.

Die graf is nie ons tuiste nie. Jesus, die opgestane Here het vir ons gaan plek voorberei. (Joh.14)

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.