ToekomsVenster: Hy is Abba Vader


all-free-download.com

all-free-download.com

Psalm 89:8 – “Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering ʼn heilige ontsag. Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom.”

Die ou vertaling het gesê die vrees van die Here is die begin van wysheid. Uiteraard nie ʼn vrees wat intimiteit met jou Vader uitsluit nie. Hy is Abba Vader. Hy nooi ons uit tot ʼn Vader-kind-verhouding waarin sy liefdeshart vir ons ontsluit word.

Tog het daar myns insiens iets van die vrees vir en van die Here verlore gegaan. Familiariteit is ʼn gevaarlike ding. Dit laat ʼn mens vergeet met wie jy te doen het. Daar is grense wat eerbiedig moet word. In hierdie geval die grense tussen die Skepper en skepsel. Soos Hy, maar nie Hy nie. Beelddraer, maar nie God nie. Afhanklik, klein, voorlopig, nietig, aangewese, noem maar op. Nederigheid is gepas vir ʼn kind van die Here. Ontsag is die Woord wat die Bybel gebruik. Kom ons buig in dankbare verwondering en aanbidding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E ·

My Pa is die sterkste.
My Pa is die grootste.
My Pa is die slimste.
My Pa is die rykste.

My Pa is ook jou Pa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.