ToekomsVenster: Hy is altyd getrou


stadiger-lewe

Foto: Chiangmainews.co.th

Bewe, aarde, as die Here verskyn, as die God van Jakob verskyn, Hy wat rots in waterkuile verander, harde klip in fonteine – Psalm 114: 7-8

“Die begin van alle wysheid is die vrees van die Here” (Psalm 111:10). “Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid, almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid,” lui die ou vertaling.

Ek het ʼn dominee-vriend wat van die DRC (Kongo) af kom. Hy sê altyd dat die hele geskape werklikheid in beweging kom as God praat en verskyn, net die mens bly onaangeraak.

Hoe reageer jy in die Here se teenwoordigheid? Is daar nog iets van ʼn heilige ontsag vir sy alles oortreffende heerlikheid en almag?
Inderdaad is God in Christus Jesus ons Vriend, Verlosser en Broer. Hy is ons Vader, Vertroueling en Trooster deur die Heilige Gees.

By Hom kan ons skuil en veilig voel. Hy ken ons by die naam en ons ken Hom ook so: Die groot “Ek is”.

Hy is meer getrou en betroubaar as ons eie asemhaling. Maar Hy is en bly God, die gans andere – misterieus, onverstaanbaar en hoog bó die geskape werklikheid. Hy praat en die natuur gehoorsaam sonder argument en teëspraak. Die berge, bosse, bome, riviere, strome, plante, diere, hemelruim alles buig voor sy heilige verskyning. En jy?

Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. – Psalm 8:3

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.