ToekomsVenster: Hy is by my, ek sal nie struikel nie

(Foto: Tyler Nix/Unsplash.)

Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. – Ps. 16:8

Wat sou die wêreld gewees het sonder koffie. Koffie is ʼn gawe uit die hemel, ek praat van regte, egte koffie, nie die kitsnamaaksels op die winkelrakke nie. Dink aan wakker word sonder koffie, wortelkoek sonder koffie, kuier na kerk sonder koffie, die hemel sonder koffie?

Nou ja, ons sal so vervuld wees in die hemel dat ons koffie nie sal mis nie.

So lees ek van ʼn koffiestalletjie by die Pretoria se boeremark dig by Silverton wat “Deafinitely” koffie bedien saam met melktert en beskuit.

Die unieke van die stalletjie is dat dit deur dowe en hardhorende mense bedryf word. Dit is deel van ʼn inisiatief wat deur Anel Pienaar, ʼn doktorale student in Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria, bedryf word. In die woorde van Anel word dowe mense maklik deur die gemeenskap uitgesluit, misgekyk en verwerp deur die horende wêreld.

Die twee “baristas”, ook doof, is professioneel opgelei. Estelle Brooks van Wyk is in beheer van die gebak.

Wanneer ʼn mens na ander kyk wat ʼn gestremheid ervaar en te midde van en ten spyte daarvan van uitstyg en ʼn verskil maak word ʼn mens opnuut uitgedaag met jou vermoë uit te styg. Dit is juis die stories van mense wat te midde van persoonlike opoffering en deursettingsvermoë die uitdagings te bowe kon kom en suksesvol kon wees wat ʼn mens diep tref.

Ek ken jou nie en dit mag wees dat jy ook uitdagings het.

Dankie dat jy ʼn voorbeeld stel en nie opgee nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.