ToekomsVenster: Hy is die Beskermer

beskerm

Foto: Ray Hennessy/Unsplash.com

Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. – Ps. 121:5

Ons waag dit om na te dink oor die God wat groter is as enige iets wat ons al ervaar het. Selfs die Bybel se bladsye kan Hom nie bevat nie. Ons verstaan (eerder probeer verstaan) maar ʼn breukdeel van God se karakter. Dit dwing ons tot verwondering en respek. Daar is niemand soos Hy nie.

Die Bybel trek die gordyn effe weg en ons kry ʼn baie beperkte blik op God. Tog weet ons genoeg om in totale afhanklikheid en verwondering voor Hom te kom staan.

Die letter B herinner ons aan sy beskerming. Ons lees daarvan in Ps. 121. Hy sluimer nie in nie en slaap nie. Hy word nie eens vaak nie.

Ons almal weet hoe moeilik dit is om teen moegheid weerstand te bied. Ek geniet dit om tydens huisbesoeke waar daar ook kinders teenwoordig is uit hierdie Psalm te lees. Kinders luister grootoog na ʼn God wat hulle saans as hulle gaan slaap, verseker van sy beskerming. Wanneer hulle wakker word groet Hy hulle vriendelik en herinner hulle dat daar ʼn opwindende dag voorlê.

Dit is eweneens waar van volwassenes. Hy loop die pad met ons elke oomblik van elke dag en word nooit uitgeput en oorlaai nie.

Jy kan Hom vandag vertrou met jou lewe. Hy sorg vir jou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kraai ·

Dankie Here dat u wel bestaan en ons op soveel tereine nog genadig is.

Hallelujah ·

Dankie God ek vertrou op U elke dag – dat U my sal ophelp. Vandag voel weer soos een van daai dae maar ek weet U gaan my deur dit help. Dankie my God Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.