ToekomsVenster: Hy is heilig

hande-kerse-kerslig-gebed

Foto: Myriams-Fotos/Pixabay.com

“So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;” – Matteus 6:9

In antwoord op die versoek van Jesus leer Hy hulle die Onse Vader gebed. Jesus sê jy kom soos ʼn kind, onopgesmuk, eerlik en opreg. Jy praat met jou hemelse Pa. Jy erken dat Hy bo alles en almal is. Hy is verhewe, Hy is heilig. Jy nader Hom met respek en eerlikheid. Jy weet dat Hy in die hemel is. Tog praat jy met Hom nie net asof Hy sommer hier by jou is nie maar omdat Hy hier by jou is. Nader as die plafon. Jy mik te ver. “Sommige mense sê mos my gebede “slaan teen die plafon vas”.

Kom af, nader, na binne. Posisioneer Jesus op ʼn stoel naas jou as jy wil. Kyk in die oë van die Vader. Bewonder sy goedheid en guns. Sê vir Hom hoe jy oor Hom voel. Kuier gemaklik en met die regte gesindheid. Waag dit om te glimlag, te huil, te baklei as dit moet. Hy verstaan.

Hy is ʼn Vader.

Hy is Abba Vader, God met ons.

Hy is nader as jou volgende asemteug.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Von ·

Here Jesus al die lof en eer kom U toe U het die weg gebaan dat ek in gebed by U kan kom kniel. Dankie Abba Vader dat U wat alles weet my nog steeds net so lief het. amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.