ToekomsVenster: Hy is, was en sal wees


Bybel

Argieffoto.

Die dwaas dink daar is geen God nie.  Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is ‘n gruwel vir die Here.  Daar is nie een wat goed doen nie. – Lees Psalm 14:1

Net omdat sommige mense besluit het God bestaan nie, hef dit die bestaan van God nie op nie.  Hy is die groot Realiteit, die Ewige en Onveranderlike. Ongeloof, ateïsme, agnostisisme, sekulêre humanisme, menslike filosofiese vertrekpunte, teleurstelling kanselleer God nie uit nie. Dit rangeer Hom nie uit tot die betekenislose en irrelevante bestaan nie.

“God is”.  Punt.  Jesus sê dit telkens, “Ek is”.

Redeneer, filosofeer, beraadslaag, teologiseer net soos julle wil…  “Ek is”.

God is nie op ons instemming aangewese is om te bestaan en voort te bestaan nie.  Hy wag nie op stemme soos in die Amerikaanse realiteitsreeks, Idols nie, wag nie vir “likes” op sy Facebook-profiel nie, is nie afhanklik van ons applous en ondersteuning nie.

Hy beraadslaag nie met mense nie, vra nie hul opinie nie en toets nie sy besluite vooraf met ander nie.

Hy is, was en sal wees.

Johannes groet die gemeente op hierdie wyse – Genade en vrede van Hom wat is en was en sal wees. (Openb. 1:4)

Mense is weglaatbaar klein en indrukwekkend, tog het God Sy genade en liefde aan ons bewys.

Wie bewys Hom ʼn guns, wie gee Hom raad? (Rom. 11:33)

Waarom sê jy dan Israel, die Here sien nie wat van ons word nie.

Weet jy dan nie? (Jes. 40:27)

Antwoord my Job.  Waar was jy? (Job 40:2)

God sit op sy troon en lag vir die skarrelende nasies wat beplan om hul van Sy beheer los te breek. (Psalm 2)

Bo die gedruis van baie waters troon die Here in Sy heerlikheid. (Psalm 93:4)

Ai, hoe arrogant tog – mense wat dink God hou op om te bestaan net omdat hulle so sê.

“Here, vergewe dan ook die baie geleenthede waar ons onder aanstigting van worstel, verdriet en teleurstelling U bestaan ook vir ʼn oomblik wil ophef.  Vergewe ons, ons opstandigheid en stompsinnige redenasies.  U is die Alfa en Omega, die Begin en die Einde, die oorsaak en gevolg, die Here”.

  • Besoek die ToekomsVenster-inisiatief se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.