ToekomsVenster: Hy sal jou nie laat verswelg nie


hand-uitreik

Foto: Foundry/Pixabay.com

Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kan staan nie. Ek het in diep waters beland waarin die stroom my meegesleur het. – Psalm 69:3

Ek is baie lief vir fliek, veral daardie lekker avontuurprente waar mense op soek is na ʼn skat en dan met allerlei uitdagings te doen kry.

Vreemde mense skiet op hulle, afgronde diep voor hulle op, goggas en spinnekoppe so groot soos ʼn mens se hand spring op hulle, slange sis in die bome, vreemde monsters swem in die water en dan natuurlik, dryfsand. Onafwendbaar beland iemand in dryfsand en alles word in die stryd gewerp om daardie persoon te red. Soms net-net.

Die ergste is wanneer ʼn hand stadig verswelg word terwyl die sand sy oorwinning vier. Sjoe, my maag is nou op ʼn knop getrek.

Spreekwoordelik ervaar ons ook geleenthede soos hierdie waar die “dryfsand/modder van omstandighede” dreig om ons te verswelg. Ons roep benoud en verdwaas na God en ander om ons te help. Die psalmdigter se getuienis is dat God telkemale gehelp het.

Miskien is dit ook vandag jou ervaring. Hy sal nie toelaat dat jy verswelg word nie. Steek jou hand uit dat Hy jou kan red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Muis ·

O Heer en wend my arms op na U help my vandag en help die mense van suid afrika wat almal gebuk gaan onder swaarkry en verlies in U Naam alleen deur te bid en te glo maak U dit vir ons nuut!!!! AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.