ToekomsVenster: Hy sal vir my sorg


olyfboom

Foto: Annmariegianni.com

Maar ek staan sterk soos ‘n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg. – Psalm 52:10

Ai, daar is in die lewe min dinge so mooi soos welige groen bome. Jy ontwikkel sommer ʼn vriendskap met so ʼn boom.

Sy skaduwee is ʼn uitnodiging om vir ʼn oomblik te rus, sy vrugte ʼn uitnodiging om jou honger te stil. Die boom lewer ʼn getuienis van sy geankerdheid, van wortels wat diep in die aarde insny om daar te gaan haal wat nodig is om van te leef. Daarbenewens straal ʼn boodskap van standvastigheid en volhoubaarheid uit (Ps. 1).

ʼn Boom groei nie sommer oornag tot wasdom nie. Dit neem ʼn baie lang tyd.

Ek raak sommer vies as mense aan bome begin saag – dis amper ʼn misdaad wat my betref. Baie bome kan getuig van geslagte wat gekom en gegaan het en dan kom mense en besluit dat die boom moet plek maak vir …

Soos ʼn stewige boom, in hierdie geval ʼn olyfboom met sy kosbare oes wat genesing en voeding verskaf, word ons geroep om self geanker te wees in God.

Dit was immers aan die Olyfberg, so genoem vanweë die olyfbome wat daar groei, waar Jesus sy donkerste nag op aarde beleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

Liewe Maroela Media, ek is nie n Christen nie en stel nie belang om geloofs artikels van julle te ontvang nie. Ek het aangesluit by julle vir nuus artikels. As ek die doel van die groep verkeerd het, vra ek om verskoning en sal dan afgaan van julle groep af. Dis vir my vreemd dat julle net eenvoudig aanneem dat al julle lesers Christene is.

Sune van Heerden ·

Dagsê Marianne

Maroela Media het verskillende platforms en ons deel nie net nuus nie. Ons wil graag seker maak dat ons ons lesers ingelig hou oor byvoorbeeld taalnuus, die kunste, rugby, musiek en ook Christelike artikels.

Indien jy slegs die nuus wil lees, stel ek voor dat jy slegs artikels op die nuusplatform lees. Christelike artikels word gewoonlik op die platform, “Goeie goed” gepubliseer.

Ons waarderaamwerk word duidelik in ons Bepalings en Voorwaardes uiteengesit: “Gesprekvoering vind binne ‘n Christelike raamwerk plaas en die styl en inhoud van gesprekvoering sal daardeur beïnvloed word.” Lees gerus ook “Oor ons“.

Teken gerus in op ons daaglikse nuusbrief waar ons daagliks slegs die vorige dag se nuusartikels met jou deel: http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/ (maak seker jy kies die daaglikse nuusbrief-opsie)

Lekker, Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Annie ·

En ek sê weer dankie tog vir Maroela Media! Tussen al die donker nuus, elke dag ‘n ligpunt! Ek bly tans nie in SA nie, en Maroela Media is my anker vir nuusgebeure ens. oor my land (ander media vra mos deesdae geld as jy in hul berigte ingaan…). Doen so voort, Maroela Media! En dankie daarvoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.