ToekomsVenster: Hy stel nooit teleur

(Foto: Alex Perez/Unsplash)

Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister, U is met ‘n kleed van lig omhul. – Psalm 104:1-2

Die tyd is gevaarlik, onseker, spanningsvol en gelaai met innerlike konflik. Dit opsigself is te verstane, immers, ons woon in ʼn buitegewone tyd. Meer as 100 miljoen mense wêreldwyd het reeds die Covid-19-virus opgedoen.

Die pandemie is nie meer ver nie, dis naby, ja, vir baie van ons het mense in ons familie, vriende, kollegiale en geloofskringe siek geword. Covid-19 is nie ʼn teoretiese bedreiging nie, dit is ʼn ongenaakbare monster wat niks en niemand ontsien nie.

Hoe bly ʼn mens gefokus, gelowig en gemotiveerd in so ʼn tyd?

Verskoon die Engels maar daar is ʼn pragtige liedjie wat sê:

Turn your eyes upon Jesus

Look full in His wonderful face

And the things of this world will grow strangely dim

In the light of His glory and grace.

Die Bybel sê fokus jou aandag by God en sy onverbloemde en oorvloedige genade. Moenie vasval in aardse realiteite nie. Neem daarvan kennis, tref al die voorsorg wat jy kan en leef met jou oë op die volmaakte heerlikheid van God.

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. – Kol 3:2

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. – Fil. 4:8

Dit is presies wat hierdie Psalm by ons wil tuisbring.

Bevestig luidkeels weer jou geloofsvertroue in die God van die Bybel. Hy stel nooit teleur nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.