ToekomsVenster: Hy verhoor smeekgebede


gebed

Argieffoto.

Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” – Psalm 116:1-4

As ons eers na die tweede gedeelte van die teksvers kyk, herinner die woorde ons aan tye van nood en onsekerheid in ons eie lewe. Daar is min indien enige mense wat dié ongemak gespaar bly.

“Bande van die dood het my omsluit”, ja, daar was oënskynlik geen wegkomkans vir die digter nie. “Ikabod.”

“Doodsangs het my aangegryp.” Diegene wat erge angs (deesdae ʼn siektetoestand) al beleef het, sal weet dis benouend, ontstellend, dit tap ʼn mens se energie en dit is uiters bedreigend.

Benoud en bekommerd vertel ons nog meer van die digter se onsekerheid. Dit het regtig sleg gegaan met hom. Hoe gaan dit vandag met jou?

Terloops, nie die vinnige “goed, dankie” wat niks meer as aangeleerde goeie maniere is nie. Nee, hoe gaan dit regtig met jou?

Dalk moet jy vandag erken, ver minder as goed.

Die digter het dit meermale beleef. Sy ervaring is egter “die Here hoor, die Here luister”.

Toe Hy roep, toe Hy benoud smeek, was die Here (soos altyd) daar. Reddend, genadig, liefdevol, die veiligheidsnet van ons bestaan.

Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds ʼn loflied op my lippe. – Psalm 66:17

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bokwa ·

Is verkeerde besluite moontlik die rede vir die Psalmdigter se situasie, voordat God ingegryp het ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.