ToekomsVenster: Hy wat ek liefhet, besit ʼn wingerd op ʼn vrugbare heuwel


Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Foto: carbonchurch.com

Psalm 80:15 – “Almagtige God, kyk tog uit die hemel af en ontferm U weer oor hierdie wingerdstok, neem hom weer onder u sorg.”

Die volk van die Here word dikwels in die Bybel met die wingerdstok in verband gebring. Een van die aangrypende gedeeltes, is in Jesaja, waar die Here in herinnering roep met hoeveel sorg en deernis Hy ʼn veredelde wingerd geplant het – een wat later suur druiwe voortgebring het. Die teleurstelling van die landbouer is voelbaar. Wat moes Hy nog doen om ʼn goeie en smaakvolle oes te verseker? JESAJA 5:1 “Ek wil sing oor Hom wat ek liefhet, ek wil my liefdeslied sing oor Sy wingerd: Hy wat ek liefhet, besit ʼn wingerd op ʼn vrugbare heuwel.”

In die Nuwe Testament word vertel van die wingerd waarvan ons die lote is. Ons word geroep om in die wingerd te bly. Lote wat vrug dra. JOHANNES 15:5 “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Dan weer getuig Jesus na die laaste Avondmaal met sy dissipels dat Hy nie weer van die vrug van die wingerd sal drink totdat …

Tydens nagmaalsgeleenthede drink ons die vrug van die wingerd as simbool van die bloed van ons Here wat gestort is sodat ons kan lewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E ·

Soms wens ek dat Jesus ons kom verlos, weg van al die seer en n stukkende wereld. Sal dit nie lekker wees om vir ewig in sy hand te wees in n mooi wingerd saam met hom die druiwe te geniet?
My gebed is dat hierdie stukkende wereld en al die seer nie ons harte so sal verhard dat ons lote nie meer in Hom bly nie. Wees my/ons genadig pappa God, want ons lewe raak al hoe moeilikker en soms so bitter. Help ons want ons het swak geword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.