ToekomsVenster: Hy weet alles


oe

Argieffoto.

Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien? – Psalm 113:5-6

Die retoriese vraag het net een antwoord: Niemand nie. Nie eers naastenby nie. God is uniek verhewe en ontsagwekkend heilig.
Die beeld wat die Psalmdigter gebruik is die tipiese verstaan van Ou Testamentiese gelowiges. God is ver en kyk af, amper soos in die bekende liedjie “From a Distance”.

Uit ʼn Nuwe Testamentiese oogpunt is dit natuurlik nie houdbaar nie. God het deur sy Gees sy intrek geneem in elke ware gelowige. Die ewige lewe is die inwonende drie-enige God in die hart, gees en gemoed van ʼn mens.

Dis onverstaanbaar en misterieus dat God in mense kan woon. Tog is die Bybel duidelik daaroor dat ons die tempel van die Heilige Gees is.
God sien en weet alles. Daar is niks wat sy aandag ontglip nie. Hy is alwetend en alomteenwoordig.

Dit help ons om sommer uit die staanspoor eerlik voor Hom te lewe. Hy weet in elk geval alles.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.