ToekomsVenster: Hy wil ons versorg en seën

brood

Foto: Pixabay.com

“Gee ons vandag ons daaglikse brood…” – Matteus 6:11

Dit is betekenisvol dat ons ook vir ons eie behoeftes mag bid. Ons is belangrik vir God en Hy wil ons versorg en seën. Dit is immers vanuit die ervaring van God se goedheid en guns dat ons die wêreld wil vertel van die sorgsame en liefdevolle karakter van ons God en Vader. Getuienis is niks anders nie as ʼn uitdrukking van dankbaarheid. Ons staan nie onder dwang soos met ʼn slawedrywer nie, maar word gemotiveer vanuit ons daaglikse ervaring van God se genade in ons lewens.

Uiteraard wil die Here vir ons sorg. Dis deel van sy verbondsliefde. Daar is egter ʼn gedagtegang wat reken dat kinders van die Here alles in oorvloed moet hê. Materiële dinge veral is dan die teken van God se guns. Indien daar gebrek is, word dit aan die duiwel, sonde, ensovoorts toegeskryf. Dit is meermale predikers wat skatryk geword het vanweë die offervaardigheid van hul ondersteuners en lidmate wat ander vertel dat God dieselfde vir hulle wil doen. ʼn Mens moet maar versigtig wees vir hierdie sogenaamde voorspoedteologie. Dit laat baie gelowiges met ʼn gevoel van minderwaardigheid. Hulle blameer hulself vir hul oënskynlike gebrek aan geloof. Hulle word toenemend ontmoedig en gee dikwels op omdat die stryd te fel raak.

Die Here wil vir ons sorg, maar dit nie sonder betekenis dat die woordjies “daaglikse brood” daar staan nie. Dit beteken dat as ek my daaglikse brood ontvang het, God gedoen het wat Hy belowe het. Ons mag Hom vir meer vra. Soos ʼn aardse vader bederf Hy dikwels. Trouens, die meeste van ons sal kan getuig van God se koestering in ons lewens. Indien jy twyfel, ry ʼn draai deur ʼn informele behuisingsgebied en tel jou seëninge opnuut.

Dankie Here vir ons daaglikse brood.

Word deel van ʼn nasionale gebedsinisiatief met die volgende kenmerke:

  • Dit is verteenwoordigend van Suid-Afrika se diverse samelewing
  • Dit daag jou uit om jou gemaksone agter te laat
  • Dit bind mense aanmekaar en aan God
  • Dit betrek die hele land

Hemelvaart, 25 Mei, en die tien dae van Pinkster (4 Junie)

  • Daagliks, oral, tydig en ontydig
  • Ook met mense wat jy nie ken nie
  • By die kantoor, kuierplek, sakeonderneming, klaskamer, lesinglokaal, gimnasium, park, oral
  • Veral gedurende die goue uur van gebed
  • Daagliks 12:00-13:00

www.sapray.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ansa ·

Baie dankie vir boodskap.Ja ek kan getuig van God se goedheid Hy ken ons omstandighede nie elke dag in oorvloed om te eet nie maar net genoeg Die Here sorg vir ons want as dit nou regtig swaar begin gaan dan gee Hy vir ons uitkoms op een of ander manier.Ons gee elke mnd ons tiende en Die Here sorg vir ons.,

lw ·

Baie mooi gedagte vir die dag. Die Here seën ons op verskillende maniere. Net om Sy genadige hand oor ons te hou, is al klaar ñ seëning op sy eie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.