ToekomsVenster: Iemand nooi iemand in ’n verhouding

kruis-gebed-berg-mis

Foto: Jacob Meyer/Unsplash.com

Tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het ‘n lang kleed aangehad en ‘n goue band om sy bors gedra. – Die Openbaring 1:13

Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan ‘n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. – Die Openbaring 4:2

Ons moet ons Godsbeeld aan gegewens in die Bybel gaan toets. Inderdaad is God drie-enig ʼn diepe misterie wat ons nie ten volle kan verstaan nie. Hoe die drie-eenheid “werk” is moeilik om te verstaan. Drie persone maar een God. Dis is nie drie manifestasies van God asof Hy Homself nou as Vader, dan as Seun en dan as Heilige Gees openbaar, so asof Hy ʼn masker opsit nie.

Die Vader is nie die Seun nie en die Seun en die Vader is nie die Heilige Gees nie. Tog is hulle Een. Nie drie gode soos in veel godedom nie. Net een God in drie persone.

God is Gees maar dit beteken nie dat God ʼn onpersoonlike wese soos ʼn mistigheid of wasem is nie. God is ʼn Persoon. Hy is Iemand. Dit is juis hierdie Iemand wie se karaktereienskappe ons aan die hand van die alfabet bestudeer.

In Openbaring leer ons Hom as “Iemand” ken. Sy manifestasie is koninklik en ook vreesaanjaend. Vreeslik is dit om in die hande van die lewende God te val.

Daniel is soos ʼn bewustelose voor Hom, se bene gee mee onder Hom.

Toe ek hierdie indrukwekkende visioen sien, het ek magteloos en doodbang geword en het ek geen krag meer gehad nie. Toe hoor ek die man praat, en terwyl ek hom nog hoor praat, het ek bewusteloos vooroor op die grond geval. Daarna het ‘n hand my gevat en my op my knieë en hande laat staan, terwyl ek gebewe het. – Daniel 10: 8-10

Teenoor die Iemand van Openbaring, die Hoofletter “Iemand” is daar “iemand” met klein lettertjies. Mense is beelddraers van God en inderdaad ook iemand. Ons staan in ʼn diensverhouding met die hoofletter Iemand van Openbaring. Ons verteenwoordig daardie Iemand en word gereeld in die boek Openbaring aangespreek. Die Groot Iemand nooi die klein, beperkte en met sonde belaaide iemand uit tot ʼn verhouding met Hom. Dit is sigself is ondenkbaar groot, asemrowend.

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. – Die Openbaring 3:20

Het jy al hierdie Iemand, die hoofletter Iemand ontmoet. Hy maak van jou iemand met hoop en verwagting.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Von ·

Ek behoort aan Iemand en niks kan ons skei nie…Dankie Here….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.