ToekomsVenster: In die volheid van die tyd

arms-omhoog-gebed

Foto: Unsplash/Pixabay.com

GALASIËRS 4:4
Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet.

Die Prediker leer ons dat daar vir elke ding in die wêreld ʼn aangewese tyd is.
Geboorte en sterfte, saai en oes, bymekaarmaak en verstrooi, lag en treur, liefhê en haat, alles het ʼn seisoen.

Die lewe speel in seisoene af. Sommige opwindend en ander saai.
Sommige propvol geleenthede en ander arm daaraan.
Sommige bevredigend en ander teleurstellend.

ʼn Mens moet seisoene onderskei.
ʼn Goeie idee in die verkeerde seisoen lewer nie die gewenste resultate nie. Relevant en nommerpas is wat ʼn mens na strewe.

Die hele Ou Testament wemel van verwysings na die Hemelkind wat sou kom.

Op die regte tyd, die aangewese tyd, maak Hy sy verskyning.
Die Jode kry swaar onder die Romeinse juk, die geestelikes van die dag het hul invloed en impak verloor en is ongeloofwaardig, die tyd van belofte vervulling het aangebreek. Dit is die volheid van die tyd.

Jesus kon vroeër na die wêreld kom, maar Hy doen dit nie. Die hulpgeroep van sy mense kom reeds ʼn lang tyd.

In die Ou Testament kom God na sy volk en verlos hulle deur Moses nadat hulle 430 jaar om hulp geroep het.
Vreemd en onverstaanbaar, maar God het sy tyd.

Onderskeiding is een van die gawes van die Heilige Gees. Paulus bid dat die gemeente in Efese die Gees mag ontvang. Dat hulle kan onderskei waarop dit waarlik aankom.
Dit moet ook waar wees van ons lewens. Daar is ʼn tyd vir alles.

Wees betyds in dít wat die Here jou opdra om te doen, nie laat nie en nie vroeg nie.
Net betyds, soos Jesus

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.