ToekomsVenster: In God se wêreld

‘n Skermskoot uit die rolprent ‘The Matrix’.

Ek het nou die dag die bekende fliek The Matrix vir die eerste keer gesien. Die 1999 wetenskapsfiksie rolprent was sy tyd ver voor en het verskeie toekennings ontvang.

Daar is interessante ooreenkomste tussen die fliek en die Evangelie.

Tomas Anderson, later bekend as Neo, is intens bewus daarvan dat daar iets skort met die wêreld. Hy ontmoet vir Morpheus wat hom op ʼn geheim inlaat. Wat mense as die werklikheid beleef is alles skyn. Mense is heerlik op weg na nêrens. Hulle is slawe van ʼn stelsel wat hulle misbruik vir sy eie voordeel.

Hier en daar is daar ʼn rebel wat ernstige vrae begin vra. Eintlik sê hulle “as dit al is waaroor die lewe gaan is dit nie die moeite werd nie”. Is daar meer? Dit is die onrustige gedagte waarmee hulle voortdurend worstel. Dan kom Morpheus, die opper rebel, ʼn terroris,  op die toneel. Ja, sê hy, daar is inderdaad meer, baie meer, maar dit kom teen ʼn prys.

Hy bied vir Neo twee pilletjies (tablette) aan, ʼn bloue en ʼn rooie. Die bloue hou jou in jou droomwêreld. Jy mis niks en vra niks. Die rooie laat jou in die werklikheid, die ware werklikheid wakker word. Daar is nie omdraai nie behalwe as jy verraad pleeg.

Die taak van die rebelle groep waarvan jy nou deel word is om ander mense uit die skynwerklikheid te bevry na ʼn lewe van sin en betekenis.

Die werklikheid egter is ʼn ontstellende ervaring.

Derhalwe moet jy baie mooi dink voordat jy die rooi pil sluk. Dit gaan jou iets kos, dalk jou lewe.

Toegepas op ons en ons verstaan van die Evangelie is daar baie raakvlakke. Ons kan gesus bly in die skynwerklikheid, virtuele werklikheid van ʼn roetine bestaan, salig onbewus dat ons die energie verskaf vir die stelsels wat hierdie pseudo-werklikheid aan die gang hou. Ons is siende blind en horende doof. Dis die koninkryk van die duisternis, die bose, die heersende kultuur. Die meeste mense bevind hulle op hierdie trajek. Hulle is ook doodtevrede.

Hier en daar vra iemand, is daar nie meer nie? Hulle drink die rooi pil, die Gos-pil as jy wil, wat jou opwek vir God se wêreld. Dis ʼn gebroke stukkende, hunkerende en smagtende wêreld. Dis die wêreld wat nie weet daar is meer nie. Hulle kry swaar maar aanvaar dit gelate.

God se agente betree die gebrokenheid van ander mense wat in die skynlewe. Hulle is onverbiddelik toegewy aan die taak om mense daaruit te bevry. Hulle is rebelle by uitnemendheid. Hulle is vreesloos en gefokus. Hulle betaal ʼn prys. God se werklikheid is nie sonder gevare nie.

Hulle word dikwels belaster en vervolg deur die stelsel van die skynwerklikheid. Hulle het egter ʼn mentor, Jesus van Nasaret. Hy het die rooi pil gesluk. Hy het geweier om toe te kyk en niks te doen nie.

Hy het ons wrede wêreld betree en genesing gebring. Hy ruk mense daagliks uit hul skynbestaan uit. Hy bring bevryding en roep hulle dan om ander te help om vry te kom.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Die Evangelie is volledig. Niks hoef daarby gevoeg te word ter verduideliking nie want dit bring onwaarhede en voeg menslike, aardse, duiwelse waardes daaraan toe. Ons kerklikes word vreemde karakters binne hul eie breinstorms.

OWO ·

Ek stem.Jesus Christus het baie goeie metafore gebruik ter verduideliking van Sy gelykenisse en Sy wonderwerke spreek baie duidelik tot elkeen wat dit bestudeer.Die Evangelie is die hart van die boodskap van die Bybel en is nie eens vergelykbaar met enige beelde van die Matrix nie.Ek dink dit is ‘n swak voorbeeld.

Dankbaar ·

‘n GROOT leemte in die vergelyking: L I E F D E
God IS liefde en omdat ek HOM gekies het as my Verlosser en Saligmaker, kies ek om te leef soos Jesus geleef het – om lief te hê ONVOORWAARDELIK.

Pietie Pogenpoel ·

ek’s so gatvol vir hoe christene dink hul is die enigste groepie mense wat “goed” is :D ek is sleg, baie, baie sleg :D

Pieter Pogenpoel ·

jip, aangesien religion waarskynlik ‘n baie belangrike bestanddeel van daai blou pil is… wat’s daai sêding nou weer: “Religion is the opiate of the masses” :D

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.