ToekomsVenster: Introspeksie


Argieffoto (Foto: HubertRams, Pixabay)

Argieffoto (Foto: HubertRams, Pixabay)

Uit die hemel laat U dit op die berge reën, die aarde word versadig deur die reën wat U gee. U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy sy kos uit die aarde kan kry: wyn om mense se harte bly te maak, olie om die gesig te versorg, kos om die mens nuwe krag te gee. Die bome van die Here kry volop reën, die seders op die Libanon, dié wat Hy geplant het. – Psalm 104:13-16

Droogte, versengend en verwoestend. Ons land en sy mense kry tans baie swaar onder die ergste droogte in, hoor ek, 150 jaar. Dis baie moeilik en onwys om reguit lyne te trek tussen ons verhouding met die Here, beide as individue asook as sy volk (kerk) en die droogte wat ons tans belewe. Is die droogte weens ons verkeerde manier van lewe, of is dit bloot ʼn natuurverskynsel waarmee ons moet verlief neem, dit sál weer reën op die bestemde tyd.

2 Kron. 7:13 is een voorbeeld waar daar tog ʼn verband getrek word tussen die lewe en optrede van God se kinders aan die een kant en sekere natuurverskynsels soos droogte aan die anderkant. Daar is verskeie Skrifgedeeltes wat hierdie waarheid onderstreep. Introspeksie is nie die slegste ding wat kan gebeur nie, trouens dit kan baie heilsaam wees. Miskien moet gelowiges, die kerk, Suid-Afrika (ons spog dat ons Christene is), vir ʼn slag tot stilstand kom en hulself afvra of hulle nog is waar die Here hulle wil hê.

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur,14 en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Kronieke 7:13-14

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Die Waarheid in die Boek van die Lewe. Byeenkomste op rugbystadions? Massa mense met ‘n goeie, eerbare doel voor oë. Sal vreemd wees in hierdie dae, maar daar staan dit – dis ‘n oplossing.

LB S ·

As julle bietjie kommentare gaan lees op Netwerk24 waar enige iets in verband met Godsdiens bespreek word, sal julle met skok besef hoeveel Afrikaners gladnie meer Christene is nie en selfs die spot dryf met die Christendom en sy volgelinge. Dit is om van te huil. So ek is gladnie meer so seker dat Suid-Afrika 60% (soos beweer word) Christene is nie.

Sarel Strydom ·

Ek moet met vorige skrywer samstem. Was al gekritiseer deur mede Afrikaners waneer ek noem dat ons die basis waarop ons Voorvaders die land gebou het versaak. daar sal eerier gdurig gepraat word oor vergelding en oorlogpraatjies as om die kniee te betuig. een person vir my vertel”tyd vir BID is verby” nou eerlik, hoe verwag ons uitkoms van God af?

cynthia ·

Dit is omdat God nie meer eerste plek in ons lewe het nie. God is uitgeskuif uit die regering, die skole, die werksplekke en selfs in ons huise. Gebed is al wat ons het. Ons moet terugkeer na God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.