ToekomsVenster: Is jou lewe verander?


Argieffoto (Foto: congerdesign, Pixabay)

Spr. 7:2,3
NV
2 maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe, maak wat ek jou leer jou eie, so eie soos die appel van jou oog.
3 Sorg dat jy dit altyd onthou, maak dit ‘n deel van jou lewe.

OV

2 onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;
3 bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart

“Maak dit jou eie” word nie minder as drie keer herhaal nie en nog ʼn keer by implikasie. Dit is goed moontlik dat ʼn mens intellektueel kan kennis neem van sekere inhoud maar in gebreke bly om dit te integreer.

Kop kennis is nog nie geleefde kennis nie. Die afstand tussen die kop en die hart moet oorbrug word. Mens moet ʼn bewustelike keuse maak om dit wat jy geleer het in jou lewe te inkorporeer. Dit gebeur nie outomaties nie. Dis ʼn besluit, ʼn kwalitatiewe besluit.

Baie mense ken die evangelie. Hulle weet van Jesus en sy sterwe en opstanding. Hulle verstaan die dilemma met sonde en dat dit hulle die ewigheid kan laat misloop. Hulle sing saam wanneer die erediens plaasvind en kan selfs ʼn geestelike gesprek voer.

Dit is egter alles kop, intellektuele kennis.

Dis nie geïnkorporeer nie. Jesus sê nie elkeen wat se Here Here sal gered word nie maar Hy wat die wil van sy Vader doen.

Het die evangelie jou hart verower? Het die Seun van jou beslag geneem? Is jou lewe verander?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.