ToekomsVenster: Is jy beskikbaar vir die Heilige Gees?

(Foto: Al Ishrak Sunny/Unsplash)

“Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.” – 1 Johannes 4:8 (AFR83)

“Wat kan ek tog doen wat enigsins ʼn verskil sal maak” is ʼn vraag waarmee baie volgelinge van Jesus worstel.

Ek is nie belangrik nie en het nie aansien nie.

My verstaan van die teologie is beperk en soos Moses hakkel ek as ek aan die praat moet raak.

Dit is boonop riskant vir my om uitgesproke te wees oor my geloof. Ek woon en werk in ʼn vyandige omgewing en ek mag vir myself groot ongemak skep as ek voorskriftelik en vermanend begin raak.

Soveel mense gaan dood van die honger en kyk net hoe daardie mense met geld omgaan, hul tyd gebruik, al weer net vakansie.

As dit is wat van my verwag word, is dit te veel.

Ek sien nie kans daarvoor nie.

Ek wonder hoe jy by Jesus uitgekom het?

Was dit deur die wysheid van mense, hul teregwysing en vingerwysing?

Ek reken nie so nie.

Waarskynlik hulle belangstelling, meelewing in ʼn tyd van nood.

Waarskynlik die kospakkie toe armoede aan die deur geklop het, die gebed toe uitdagings oorweldigend was.

Ek kan nie dink aan gedeeltes in die Bybel waar Jesus mense deur teregwysing en verwyte nader getrek het nie. Ja, Hy het dit inderdaad met die Fariseërs gedoen omdat hulle skynheilig was.

Skynheiligheid is om iets van ander te verwag wat jyself nie bereid is om te doen nie.

Ontspan, dit is nie moeilik om deur God gebruik te word nie.

Daar is eintlik maar net een voorwaarde en kwalifikasie: Wees beskikbaar en doen wat die Heilige Gees jou beveel om te doen.

So eenvoudig soos dit.

  • Wil jy meer weet oor die ToekomsVenster-projek? Stuur ʼn e-pos aan ds. Jannie Pelser by [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pippie ·

Daar is die afgelope tyd nie meer ‘n klank weergawe van die Toekoms Venster?

Marietjie ·

Baie dankie vir vandag se boodskap. Gehoorsaamheid vereis God beslis. Ons vergeet partykeer dat Hy ook ‘n jaloerse God is.
Soms kom ons nie eers agter dat ons op ‘n afdraaipad is nie en sal Hy op sy manier jou kom haal op daai pad! Dis hoe genadig ons God is!

Hi Pippie, ek glo daar is ‘n goeie rede daarvoor.

Ek as dowe (darem eers vanaf 35jr af en kan dus lees en skryf), is die geskrewe boodskap vir my goud werd.
Dalk jy aan die anderkant het swak sig? Net so moeilik vir jou, glo ek. Jammer daaroor.

Ds Jannie, hoe lyk dit? Help ons hier asb.

Seën vir julle dag

Tallies ·

Dankie vir hierdie teksvers, dit was nodig om dit weer te hoor.

Andre77 ·

Baie dankie vir die skrif gedeelte,maar kom ons kyk na dit in KJV.
1 John 4:8 He that loveth not knoweth not God; for God is love.
Knoweth G1097 – Greek – (ghin-0ce’-ko): to learn to know, come to know, get knowledge or perceive,or feel.
Definition: to know absolutly.
Dit is om God te leer ken, kennis te kry, waarneem of voel.
Jammer vir die english, maar dit is die betekenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.