ToekomsVenster: Is jy werklik oortuig?

Foto: Steve Halama/Unsplash

Daarna verskyn die Here een nag aan Salomo en sê vir hom: “Ek het jou gebed verhoor en hierdie plek vir My gekies as die plek waar daar vir My offerandes gebring kan word. As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. – 2 Kron. 7:12-14

Ek wil graag met jou ʼn paar stellings kontroleer:

  • Is jy van harte daarvan oortuig dat die Bybel die Woord van God is?
  • Is jy oortuig dat die Woord gesaghebbend is, dat die God van die Woord die ware en enigste God is en erken jy Hom as die finale gesag?
  • Is jy daarvan oortuig dat God op sy manier en tyd sal doen en vervul wat Hy beloof het?
  • Is jy verder daarvan oortuig dat die Woord (Bybel) relevant is vir die tydsgewrig waarin ons leef?

Lees en oordink weer die woorde bo.

Onthou die Here is aan die Woord

Die teks verwys na reën, sprinkane en pes. Die land is onder beleg. Die oes groei nie tot volwassenheid nie. Dit is gelykertyd ook metafore vir ons eie konteks en mag inderdaad ook droogte en plae insluit.

As dinge erg verkeerd loop, omstandighede ons voortbestaan bedreig, mag dit nodig wees om hierdie teksgedeelte te interpreteer vir die tyd waarin ons lewe

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Spook ·

Ek is geensins oortuig. n Almagtige spook wat verewig alleen in die donker gesit het en toe sy towerkrag begin gebruik en slawerny en offers aanmoedig?

OWO ·

Jy beledig jou Skepper spook.Antwoord vir my net hierdie vraag.Hoekom moet God iemand in die hemel toelaat wat niks met Hom te doen wou gehad het op aarde nie? God sê:Jou keuse wat jy uitoefen, is die keuse waarmee jy in die ewigheid gaan leef.

Truia ·

Beste Spook, die feit dat jy moeite gedoen het om hierdie stuk te lees, en te reageer daarop, sê vir my dat jy soekend is. Mag jou oë oopgaan en mag jy leer van Genade en Versoening. Sterkte met jou reis.

Spook ·

Beste Truida ek geniet my reis met realiteit. Gaan lees lev27 en veral tot vers 28 en dink nugter nie met dit wat vir jou ingedril is nie. Sterkte dan vir jou reis hoop jy haal ook die wenpaal soos myself.

SNEL ·

Wette, gebooie, God se reëls is op elkeen se hart geskryf. Elke een weet wat reg en verkeerd is, maar dit bly n keuse. God vergewe alle sonde, geen sonde is te groot vir Hom nie. Ons mense is swak, al het ons Jesus ons Verlosser gemaak, sal ons nooit kan lewe sonder sonde nie. Die grootste christen doen elke dag sonde, juis daaroor het ons Jesus nodig en vra ons vergifnis as ons gesondig het en juis omdat ons lief is vir die Here wil ons nie sondig nie en probeer ons so ver ons kan reg lewe. Weet nie of dit jou Lev probleem oplos nie Spook.

SNEL ·

Spook, Psalm 14:1. Sal ons God ooit kan verstaan; nee. Sal ons ooit weet hoekom sekere goed gebeur; nee. Sal alles van God ooit sin maak; nee. Alle eer aan die Enigste Almagtige God, Skepper van hemel en aarde, wat trou bly tot in alle ewigheid en nooit laat vaar die werke van Sy hande nie. Die dag as jy stil sit en jy soek en kies vir jou n god wat jy kan verstaan, kan ek jou nou sê, is daai god nie waardig om aanbid te word nie. Ek wil nooit n god aanbid wat sin maak nie, maar wel Een wat in beheer is en ek weet, al maak dinge nie sin nie; Hy laat alles ten goede uitwerk vir die wat Hom lief het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.