ToekomsVenster: Jesus en materialisme

ou-fotos-album

Foto: Igorovsyannykov/Pixabay.com

Lees: Matteus 5-7

Christus verwag van Sy dissipels om alles te gee en om alles te gebruik om só Sy doel op aarde te bereik. Watter rykdom gelowiges ook al mag hê, moet verstaan word as ’n belegging wat deur God in sy/haar hande geplaas is.

Raak prakties

Dis baie duidelik in ons teks dat Christus nie teen rykdom is nie. Tog waarsku Jesus dat gelowiges nie hulle hart daarop moet sit nie, want God moet gedien word met ’n onverdeelde hart. Verder wys die Here uit dat gelowiges net vir een baas kan werk, wat beteken dat dit onmoontlik is om gelyktydig vir God te dien en om rykdom na te jaag. Dus is dit van kritiese belang dat ek ’n gebalanseerde lewe moet handhaaf waar ek eers die koninkryk van God moet soek, met die wete dat al hierdie ander dinge bygevoeg sal word.

Iets om oor na te dink

Die gevaar van materialisme is dat gelowiges in dieselfde strik kan trap as die rykman wat groter en groter skure gebou het met die hoop dat baie besittings hom satisfaksie sal bied. Alhoewel besittings my hart mag steel, kan dit nie my gees en siel voed nie. Jesus waarsku ons teen hierdie realiteit.

Gebed

Here, help my asseblief om verantwoordelik te wees met my materiële besittings en geld. Ek wil betroubaar wees met my besittings en geld.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Hierdie is nou die uiterste vorm van woordgimnastiek. In dieselfde asem waarmee gesê word dat Yeshua nie teen rykdom is nie, word ook aangehaal en gesê dat dit onmoontlik is om God te dien en rykdom na te jaag. Nou word gesê ons moet geballanseerd leef wat eintlik beteken jy moet ballanseer tussen die najaag van rykdom en om Yahua te dien, dus draadsitter wees. Die stuk sê uitdruklik geen balanseertoertjies nie. Dit bring jou voor n keuse, punt. Geen wonder ons leef is soos n klomp skape waarvan een n gat in die heining ontdek het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.