ToekomsVenster: Jesus genees mense in die landstreek Gennesaret

windpomp plaas boer sonsondergang natuur

Foto: Holmespj/Pixabay.com

Lees Matt. 14:34-36

Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Toe hulle uit die skuit klim, het die mense Hom dadelik herken en in daardie hele landstreek rondgegaan en dié wat ongesteld was, op draagbare begin aandra na waar hulle gehoor het dat Hy is. Waar Hy ook al in dorpe of stede of op plase gekom het, het die mense die siekes op die bymekaarkomplekke neergesit en Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak; en almal wat aan Hom geraak het, het gesond geword.

Wat ʼn merkwaardige getuienis. Toe Jesus uit die boot klim, het hulle Hom dadelik herken. Dit verwys waarskynlik na sy fisieke voorkoms. Daar is al baie gedebatteer oor Jesus se fisieke voorkoms. In sommige rolprente word Hy as die blonde man voorgestel. Haarlokke wat oor sy skouers speel en diepblou oë. In ander is Hy gespierd, want Hy was darem ʼn timmerman se seun en het mos in sy vader se voetspore gevolg soos wat dit in daardie dae die praktyk was. Ander redeneer dat Hy ʼn donker gelaatskleur gehad het omdat Hy ʼn Jood en boonop ʼn boorling van die bloedige warm Israelse grondgebied was. Hoe stel jy vir Jesus van Nasaret voor?

Interessant hoe ontsteld mense word wanneer Jesus op enige ander wyse voorgestel word as dit wat in hul gedagtes leef. Sê nou maar Jesus was ʼn Chinees, ʼn Amerikaner, ʼn man van Afrika? Sou dit ʼn verskil gemaak het aan sy verlossingswerk? Sou jy ʼn probleem gehad het om met Hom te identifiseer?

Hy was immers nie ʼn Suid-Afrikaner nie, het nie van Johannesburg af gekom of …

Die Bybel gee intieme besonderhede van Jesus van Nasaret. Hoe sal jy daaroor voel as ek jou vandag vertel dat Jesus waarskynlik onaansienlik, gewoon en onaantreklik was? Die blou oë en lang blonde hare is waarskynlik ʼn mite. Jesaja vertel vir ons dat sy voorkoms mense nie sou beïndruk het nie. Lees gerus saam met my.

Jesaja 53:2 – Die dienaar was soos ʼn loot wat voor die Here uitspruit, soos ʼn plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.

Jesaja 52:14 – Baie mense was ontsteld oor hom, hy was so misvormd dat hy nie meer soos ʼn mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ʼn mens gehad het nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sakkie ·

Interresante stukkie ek glo as ons moes weet hoe Jesus gelyk het sou Hy iewers in die bybel besktyf sou gewees het

anna ·

Ek gee nie om hoe Hy gelyk het of lyk nie, al wat ek weet is dat wanneer iemand soveel liefde en deernis
aan my bewys, ek ook so iemand onvoorwaardelik lief sal he. Iemand het vertel dat Hy ,volgens ou manuskripte, baie mooi oe en mooi hande gehad het en dat Hy ook baie gehuil het. Ek kan nie wag om Maandae by die werk te kom om te lees wat God vir my in Sy Woord wil se nie. Ek wens alle mense kon dit saam met ons deel. Dankie Here!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.