Lees Johannes 4:34 en 17:1-4
In die twee teksgedeeltes leer ons baie oor die basiese houding van ‘n dissipel of verteenwoordiger van God. In Johannes 4:34 sê Jesus dit is sy voedsel om die Vader se wil te doen en sy werk te voltooi. Dit kan nie vir ons duideliker gestel word nie. God se verteenwoordigers (dissipels) se lewe gaan daaroor dat hulle verstaan hulle is hier om:
- die Vader se wil te doen en nie hulle eie ambisies na te jaag nie.
- die werk te voltooi (of te doen) wat hulle van die Vader ontvang het.
Jesus het Homself hiermee besig gehou. Dit word baie duidelik uit sy laaste gebed saam met sy dissipels in Johannes 17 wanneer Hy sê: “Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U my gegee het om te doen” (v4).
Raak prakties:
- Hoe seker is jy jy is op die oomblik op die plek waar God wil hê jy moet Hom verteenwoordig, die plek waar jy besig is om die werk te voltooi wat Hy vir jou gegee het om te doen? (Jy sien, mense wat nie besig is met die werk wat hulle van die Vader ontvang het nie, werk om hulle eie name groot te maak sodat hulle verheerlik kan word.)
- Watter tipe leefstyl kan jou help om in pas te bly met die Vader se wil vir jou lewe en om te kan onderskei wat sy werk vir jou is?
Dra Jesus se beeld uit in my leefwyse, veral in die uitreiking na medemens met probleme