ToekomsVenster: Jesus het reeds gewen


Geloof

Argieffoto.

Van Dawid. ʼn Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.” – Psalm 110

Die psalm se onmiddellike konteks is Israel en die koning wat oor hulle regeer. God maak verskeie beloftes om hom te beskerm en aan hom die oorwinning te gee. Tog het ʼn mens ʼn duidelike bewussyn dat hierdie psalm baie te sê het met die pad wat ons Here Jesus Christus geloop het. Die besondere band tussen Jesus en sy Vader kom duidelik na vore. Die oorwinning oor die vyandige magte word raak beskryf.

Ons weet dat die vyand, die duiwel, kragtens die dood en opstanding van Jesus reeds oorwin is.

Daar kom egter ʼn dag van finale afrekening wanneer die verleier in die ewige diepte sal wegsak om nooit, ooit weer God se kinders te verlei nie.

 

Jesus groot bo almal

Sterke Verlosser

Magtige Heer en Heiland

Emmanuel

God is met ons

Reddende Here

Lewende Woord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.