ToekomsVenster: Jesus in Getsemane

getsemane-jerusalem-israel

Foto: Stacey Franco/Unsplash.com

Toe kom hulle by ‘n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: “Sit hier terwyl Ek gaan bid.” Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!” Hy het toe ‘n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie. Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.” Hy kom toe terug en kry die drie aan die slaap en vra vir Petrus: “Simon, slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie? Julle moet waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” Hy het weer gaan bid en dieselfde gebed as voorheen uitgespreek. Hy kom toe terug en kry die drie weer aan die slaap, want hulle was baie vaak. Hulle het nie geweet wat om vir Hom te sê nie. Toe Hy die derde keer terugkom, sê Hy vir hulle: “Slaap en rus julle nou nog? Dit is genoeg. Die tyd het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van die sondaars oorgegee. Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.” Markus 14:32-42

Vaak is mos ʼn vreeslike ding! Jy kan jou gesig in die koel wind laaf, jou oë met koue water uitspoel, ʼn paar rukbewegings maak, maar dit haal jou in.

Die driemanskap Petrus, Johannes en Jakobus vergesel Jesus na die tuin van Getsemane. Dit word ʼn plek van innige worsteling met sy Vader. Jesus raak ontsteld as Hy aan sy naderende marteldood dink. In sy mensheid tree hy nie masochisties op nie. Die lewe is kosbaar. Die pyn van sy naderende dood oorweldig Hom. Jesus bid: “Vader, by U is alles moontlik. Neem die lydingsbeker van my af weg, maar nie soos ek wil nie maar U wil, laat dit geskied”.

Jesus se aardse lewe was ʼn gestadigde dood. Van die begin af was Hy onwelkom. Johannes vertel dat Hy na sy eiendom gekom het maar dat hulle Hom nie ontvang het nie. Hy is uitgejou en uit gemeenskappe verdryf. Sy lewe was dikwels in gevaar. Boonop het hy nie luukshede geken nie. Hy het van aalmoese geleef en was aangewese op onder andere die vroue wat Hom versorg het.

Die geestelikes het in welige oorvloed gewoon. Hul het hulself die goeie veroorloof. Die Seun van die mens egter het nie ʼn plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie. “Jakkalse het gate en die voëls van die hemel het neste maar die Seun van die mens is ʼn vreemdeling op aarde”. (Matt.8:20)

Nou, binne die volgende ure sal Hy aan strydlustige soldate oorgelewer word, hulle, onder aanstigting van die geestelikes, sal Hom verneder, kroon en gesel. Hulle sal Hom stroop van menslikheid en bedekking, in die openbaar vertoon soos ʼn slaaf, ʼn misdadiger. Hulle sal Hom onverkwiklike dinge toesnou. Barnabas sal vrygelaat word onder die waansinnige uitroepe van die Godsvolk maar Hy, die Messias koning, sal doodgemaak word.
Wreedaardig, stadig, vertonerig.

Jesus is volkome mens. Hy voel, ervaar, huil, kry koud en honger, Hy verlang, voel alleen, verlate, desperaat. Hy weet Hy is God in menslike gedaante maar kies om swak te wees terwille van die swakkes. Hulle sal nooit ooit sal kan sê “U weet nie hoe dit is nie. U weet nie hoe dit voel nie”.

Sy antwoord is ʼn klinkklare “Ek weet, Ek was self daar, Ek het dit ervaar, meer as dit, ek het die uiteinde van daardie pad, die pad van die dood, opgehef en hoop ontsluit”.

Sy dissipels slaap. Die oomblik is te groot, die hartseer oorweldigend. So het hulle hul Here nog nooit gesien nie, hulle wil dit nie aanskou nie. Hulle slaap liewer, dan vergeet mens mos.

Ons word meer dikwels in die Bybel opgeroep om waaksaam te wees.

1 Korintiërs 16:13 – Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fran ·

Vergewe ons asseblief ons skulde en dankie dat U ‘n genadige Here is . Amen.

Von ·

Here Jesus menswoorde kan nie se wat in my hart is nie. Ewig onbegryplike Wese dankie dat U tot die dood gehoorsaam was sodat ek mag lewe……Amen

Maria ·

My hart krimp en sak my kop voor U. Alles wat ons gedoen aan Liefdling Jesus doen ons nou nog selfde sonde so leer mense. Ek nie verbaas Jesus kon sien wat gaan gebeur met hom wat ons nie kan sien. Jesus kon mense gedagte lees was nie net gewone mens nie. Besef Jesus dapper HY is held! Ek sou weg hardloop as klaar sien wat my gaan gebeur as stadig “leiding”

Dries ·

Hy het dit alles deurgemaak ter wille van ons, so groot is Sy liefde vir ons!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.