ToekomsVenster: Jesus leef om God se wil te doen


wysheid-met-Bybel

Argieffoto.

Lees Johannes 5:24-30

Jy mag dalk dink: Jesus het ‘n duidelike opdrag ontvang, maar ek het tog nie so ‘n opdrag van die Vader ontvang nie. Dit is gelukkig nie waar nie. Jy sien, God het ook ‘n doel met jou lewe. Jy is nie maar toevallig hier nie, veral nie as jy bely dat jy aan Hom behoort en sy kind is nie. Jesus het aan die einde van sy lewe vir sy dissipels ‘n baie spesifieke opdrag gegee wat, so glo ek, al sy toekomstige volgeling of dissipels insluit: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh 20:21). Daar gaan die argument dat jy nie ook ‘n ‘gestuurde’ is nie.

Waarvoor stuur Hy jou dan? Jesus sê: “Soos die Vader My gestuur het”. Ek glo dit beteken jy word gestuur om in dieselfde verhouding met die Vader te leef as wat hy gedoen het, met dieselfde waardes en ingesteldheid, naamlik: om niks uit jou eie te doen nie; om net te doen wat jy die Vader sien doen; om te wag dat die Vader vir jou wys wat om te doen; om nie jou eie wil na te streef nie, maar die wil van Hom wat jou gestuur het. Dit som ‘n dissipel se lewe op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.