ToekomsVenster: Jesus leer ons bid dat die koninkryk sal kom

gebed-hande-bybelstudie

Foto: Godsgirl_madi/Pixabay.com

“So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.” – Matteus 6:9-10

Die derde gedagte in dié gebed is dat die gelowiges sal bid dat God se koninkryk sal kom.

Die gebed wat ’n gelowige iets kos, is die gebed wat bid dat God se koninkryk sal kom, dat Sy wil sal geskied. Dit laat my dink aan die bekende kerklied wat vra: Doen slegs U wil Heer, U wil met my. Daardie lied is seker een van die waagmoedigste liedere wat ons kan sing en soms wonder ek of ons werklik besef wat ons sing, trouens, of ons werklik besef wat ons bid?

Die Onse Vader herinner die burgers van die koninkryk dat God se wil voor myne moet kom. Sy wil is groter en belangriker as myne, want sy wil is goed! Iemand het op ’n keer gesê: God se wil is vir my beswil en daarom kan ek met vrymoedigheid juis daarvoor bid. My beswil is nie noodwendig waarvan ek op daardie oomblik sal hou nie, maar dit is beslis wat ek op daardie oomblik die nodigste het.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.