ToekomsVenster: Jesus leer ons van God se sorg

hande-kerse-kerslig-gebed

Foto: Myriams-Fotos/Pixabay.com

“Gee ons vandag ons daaglikse brood.” – Matteus 6:11

Vanaf die voorafgaande draai die gebed nou persoonlik. Die drie bede om God se eer word nou aangevul deur drie behoeftes wat ons elkeen het, naamlik die behoefte aan sorg, die behoefte aan vergifnis en die behoefte aan die bewaring van die Bose.

Ons gesin bid elke dag saam op pad skool toe. Elke dag het ’n unieke tema, byvoorbeeld Mal-Maandag waar ons almal tegelykertyd bid, Dankie-Dinsdag ensovoorts. Op Vrydae bid ons saam die Onse Vader. Vir ons het dit ’n besondere plek aan die ritme van ons gebed saam as gesin gegee. Ons herinner mekaar weekliks om saam die gemeenskaplike gebed te bid. Wat doen julle as gesin met die Onse Vader?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.