ToekomsVenster: Jesus leer ons van ’n Vader

hande-in-gebed-02

Foto: Olcparishrockford.com

“So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.” – Matteus 6:9-10

Jesus leer Sy dissipels dat die eerste belangrike saak van gebed is dat gebed om ’n verhouding gaan. Ons is in verhouding met mekaar en ons is in verhouding met ons Vader.

Hierin lê die kosbare ruimte van die gebed: As gelowiges kan ons die heilige plek van God se teenwoordigheid betree, die veiligste plek vir ons volledige menswees, en ons kan onsself ontbloot in denke, emosies, drome en vrese, met dié wete dat Hy wat werklik goed is, Hy wat werklik heilig is, by ons is.

Delf dieper

Lees Romeine 11:33-36 hardop in antwoord op vandag. Wat druk die Here vandag op jou hart? Hoe wil jy daarop antwoord?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.