ToekomsVenster: Jesus se dood is naby

kruise_son_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle opdrag gegee om wat hulle gesien het, vir niemand te vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie. Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sê dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan. Hulle vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?” “Elia kom wel eers om alles weer reg te maak,” antwoord Hy hulle. “En hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word. Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.” – Markus 9:9-13

Die dissipels maak kennis met geestelike begrippe en gebeure waarvoor hulle nie gereed is nie. Petrus het sommer onlangs nog vir Jesus eenkant toe geneem en bestraf toe Hy oor sy naderende dood praat. Toe verskyn Moses en Elia aan Hom in sy verheerlikte vorm. Nou praat Jesus van die opstanding uit die dood. Die dissipels redeneer onder mekaar sê die teks. Wat kan dit tog beteken? Nog sy dood nog sy opstanding maak enige sin.

Elia sou in die woorde van Maleagi vaders en kinders met mekaar versoen.

Maleagi 4:5 – Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, die verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.

Die verwysing na Elia het op Johannes die Doper betrekking.

Wat met hom gebeur het, is bekend. Die ruggraadlose Herodus het hom vermoor.

Ook Jesus sal op genadelose wyse vermoor word. Sy teregstelling was immers onregmatig en ongehoord. In sy dood en opstanding is die opstanding van ook Johannes (en Elia) gewaarborg.

Die onmenslike behandeling waaraan die Seun van die mens onderwerp gaan word word met die woorde verag en ly weergegee. Dit het reeds met sy geboorte in menslike gedaante begin.

Ons onderskei mos die pad van vernedering en die pad van verhoging. Eersgenoemde begin met sy geboorte en laasgenoemde met die opstanding uit die dood.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.