ToekomsVenster: Jesus se dood is naby

Kruis_2.jpg

Foto: Jumonville.wordpress.com

Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle opdrag gegee om wat hulle gesien het, vir niemand te vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie. Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sê dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan.
Hulle vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?”
“Elia kom wel eers om alles weer reg te maak,” antwoord Hy hulle. “En hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word. Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.” – Markus 9:9-13

Die dissipels maak kennis met geestelike begrippe en gebeure waarvoor hulle nie gereed is nie. Petrus het sommer onlangs nog vir Jesus eenkant toe geneem en bestraf toe Hy oor sy naderende dood praat. Toe verskyn Moses en Elia aan Hom in sy verheerlikte vorm. Nou praat Jesus van die opstanding uit die dood.

Die dissipels redeneer onder mekaar, sê die teks. Wat kan dit tog beteken? Nóg sy dood nóg sy opstanding maak enige sin.

Elia sou in die woorde van Maleagi vaders en kinders met mekaar versoen.

“Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, die verskriklike dag.” – Maleagi 4:5

Jesus se verwysing na Elia verwys waarskynlik na Johannes die Doper. Ons weet wat met hom gebeur het.

Jesus is groter as Elia. Ook Hy sou met sy lewe betaal.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.