ToekomsVenster: Jesus se passie

euphorbia-milii-kroon-van-dorings

Foto: Pixabay.com

“Toe Jesus opstaan om uit die Skrif voor te lees, is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee en Hy het dit oopgemaak en die plek gekry waar geskrywe staan: ‘Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.’ Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. Toe begin Hy hulle toespreek: ‘Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.’” – Lukas 4:17b-18

’n Volgeling van Jesus is nie net iemand met ’n passie VIR Jesus nie, maar ook iemand met die passie VAN Jesus.

Jesus se passie was die wêreld – Hy het die wêreld so liefgehad dat Hy Sy lewe gegee het.

Wanneer ons die passie van Jesus in onsself begin ontdek, praat en sing ons nie meer net oor hoe Jesus Sy lewe vir die wêreld gegee het nie, maar begin ons ook om ons eie lewens vir ’n stukkende wêreld te gee. Dan begin die dinge wat in sy hart gedraai het, in ons eie harte beweeg; word sy visie ons visie.

Gedagte

Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee sonder om ook jou lewe vir die wêreld te gee nie.

Gebed

Help my om nie vir myself te leef nie, maar om om te gee soos U omgegee het, sodat ek ook my lewe sal gee vir hierdie wêreld. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.