ToekomsVenster: Jesus se trane – en ons s’n

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Johannes 11:33-35:

“33 Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. 34 Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.” 35 Jesus het gehuil.”

Dit is ook wat Hy van ons verwag; dat ons Sy verteenwoordigers in ’n wêreld in nood sal wees; ook in ons land met sy ingewikkelde probleme, met al die pyn – emosioneel en fisies – wat derduisende mede-Suid-Afrikaners kwel. Dat ons, soos Hy, trane sal stort oor wat ons om ons sien. Hoe gaan Jesus ons by Sy wederkoms as sy dissipels erken? “Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; ek was dors en julle het my iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere en julle het My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek…” (Matt. 25:35-36)

Voordat ons saam bid, moet ons die vrae met mekaar bespreek: Waar is die grootste nood en pyn in ons land? Is dit emosioneel of fisies? Hoe kan ons ons met dié wat ly, vereenselwig – en hoe kan ons hulle bystaan?

Gebed:

O liewe Here, help my om met U oë na ons land en sy mense te kyk, om die nood om my raak te sien soos U dit sien. Maak U trane ook my trane! Vergewe my dat ek so maklik die nood van ander miskyk, dat ek al so gewoond geraak het aan alles wat ek om my sien, dat dit my nie regtig raak nie.

Leefwyse:

Om werklik met Jesus se oë om ons te kyk, om Sy trane ons s’n te maak, vra dat ons verder sal gaan. Dat ons ook Sy ore, Sy stem, Sy hande en voete sal wees. En dit vra baie!

Om oor na te dink:

In die teks uit Matteus 25 wat ons hierbo gelees het, kan ʼn mens kategorieë van nood aflei, waarby ons betrokke kan raak. By watter van die kategorieë kan jy ʼn sinvolle bydrae lewer?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.