ToekomsVenster: Jesus se wederkoms

boekevat_bosveld_sonsopkoms_ReintDykema_vra-eers-toestemming.jpg

Foto: Reint Dykema

Lees enkele verse uit Romeine 8:18-26 – Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.  … ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

Covid-19 het ons opnuut bewus gemaak van die groot swaarkry op aarde. Honderde duisende mense is al geïnfekteer, baie het siek geword en alhoewel baie herstel het, het baie gesterf.

Die skepping verwys na die totale geskape werklikheid, die lewe soos ons dit op aarde ken.

Die aarde, skepping kry regtig swaar. Mens en dier en omgewing lei onder die impak van baie dinge, onder andere ook die sonde.

Paulus sê die geskape werklikheid, ons ook is soos ʼn vrou wat ʼn baba verwag. Hoe nader sy aan die geboorte van die kind kom hoe groter is die verwagting maar hoe groter is die ongemak ook. Uiteindelik gaan die geboorte van die kind gepaard met pyn en inspanning. Dit is eers nadat die baba gebore is en sy die outjie vashou dat sy weet dit was alles die moeite werd.

Voordat die baba gebore is sê die teks in die Boodskap vertaling “kreun en steun” sy. So ook met die skepping en elkeen van God se kinders wat hier woon. Die 83 vertaling gebruik die woord “sug” terwyl die Engels van “groaning” praat.

Alles is dit eens, ons wil nie en kan nie onbepaald so aangaan nie. Iewers moet die herstel van alles plaasvind. Derhalwe “sug en kreun” ons dat die nuwe tydvak, die Koninkryk van God wat nou reeds in sy embrionale stadium teenwoordig is, onder ons ʼn volle werklikheid word.

Dit gebeur met Jesus se wederkoms. Dan sal God alles en in almal wees. Om te sug beteken om sonder woorde te bid. Sug kom van ʼn plek waar daar nie woorde is nie. “Groaning” vertaal dit goed. Sug en trane is maats. Gebrokenheid en afhanklikheid is die vertrekpunt. ʼn Intense verlange na ʼn beter toekoms is die inhoud van die sug.

Die laaste woorde van die boek Openbaring is juis so ʼn versugting: “Maranatha, kom tog gou Here Jesus”.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amanda ·

Dankie vir al die nuusbrokkies en artikels. Dit is so dat ons vas gevang is in n wurg greep van nood. Duisende mense kry swaar en is of werkloos of moet met minder klaar kom. Ek kan net dankie sê vir die Here se Genade oor ons almal en vir ons almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.