ToekomsVenster: Jesus teenoor Herodes

veldblomme-deur-rene-roux

Foto: René Roux.

Herodes se verhouding met die Romeine het meegebring dat die Jode vreedsaam en sonder enige oproering sou kon voortgaan met hul godsdienstige rituele en praktyke, maar terselfdertyd gehoor te gee aan die reëls, die belasting en die beperkings wat die Romeine op hulle geplaas het.

Ten tye van Herodes se heerskappy was daar verskillende splintergroepe onder die Joodse godsdienstiges. Die Fariseërs en die Sadduseërs was die twee vernaamste groepe. Met hul meer as 600 wette waarmee hulle die Joodse gelowiges belas het, was dit seer sekerlik te verstane dat die Jode ook in dié verband swaar belas en onderdruk is.

In hierdie tyd bring Jesus die koninkryk van lewe en vrede. Sy koninkryk bevat nie wette en laste wat hul al hoe meer onderdruk nie. Hy beskryf dit eerder as sag en lig.

Lees gerus Matteus 11:27-28 en sien hoe Jesus hiervolgens teenoor die leer wat binne die Joodse koninkryk plaasgevind het staan.

Ons sien in Matteus 13:11 dat die Jode dit nie begryp nie en daarom sê Jesus:

“Hy het hulle geantwoord: ‘Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.’” – Matteus 13:11

Jesus het na die gelykenisse verwys waarmee Hy die koninkryk verduidelik het.

Delf dieper

Hoe vergelyk die koninkryk van Jesus met die geloofsfamilie waarvan jy deel is?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.