ToekomsVenster: Jesus word in Nasaret verwerp

grassade-in-lig

Foto: Michał Bielejewski/Unsplash.com

Jesus het daarvandaan weggegaan. Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en sy dissipels was saam met Hom. En toe die Sabbatdag aanbreek, het Hy die mense in die sinagoge begin leer. Baie het na Hom geluister en is deur sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gesê: “Waar kom hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind? Is hy dan nie ‘n timmerman, ‘n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?” Die mense wou niks van Hom weet nie. – Lees Markus 6:1-5

Dit is dikwels die moeilikste om tussen die mense wat jou goed ken, ʼn getuie vir Jesus te wees. Dalk is dit jaloesie, dalk vooroordeel, dalk sommer venynigheid.

Die belangrike is dat mense jou getuienis nie moet verwerp omdat hulle jou “vorige” lewe ken nie, tensy jy sedertdien verander het en dit tyd gaan neem vir mense om jou integriteit en opregtheid te aanvaar.

Jy kan mense dit nie kwalik neem as hulle jou as ʼn onbetroubare persoon leer ken het en skielik daag jy op na dag op en dat alles nou verander het nie. Ons ken ook die kortsondige bekerings van mense as dinge ongemaklik raak. Sommer gou vergete keer hulle terug na hul bekende lewe.

Vreemd hoedat ʼn mens die getuienis van ʼn vreemdeling eerder sal aanvaar as die van iemand wat aan jou bekend is.

Jesus daarenteen het nooit sonde gedoen nie. Wat hulle van Hom beleef het was van die begin af so. Hulle het geen rede gehad om Hom met ongeloof en vooroordeel te begroet nie. Mens het dus geen ander verduideliking as verhardheid van die hart en vooroordeel nie.

Dis hartseer woorde: Hulle wou van hom niks weet nie.

As mense die Seun van God so brutaal en ongemanierd behandel het moet ʼn mens nie verbaas wees as dit met jou ook gebeur nie. Immers, Hy het ons vooraf gewaarsku dat ons vyandskap in die wêreld sal beleef, doodgewoon omdat die wêreld nie van die waarheid hou nie.

“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leser ·

dis so waar, mense veroordeel jou maklik as jy werklik ‘n nuwe blaadjie omgeslaan het, na vyf jaar van nuwe blaadjie is jy nogsteeds die lelike een met jou sondige lewe, maak nie saak hoe hard jy probeer, honderde, duisende kere om vergifnis gevra, nie om hulle te oortuig dat jy verander het nie, maar net te luister wat ek ook van God te se het, nie valse dinge nie, maar dit wat werklik in die Woord staan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.