ToekomsVenster: Jesus wou alles omkeer

liefde

Foto: Personalityhacker.com

“Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.” – Matteus 10:31

As ons diversiteit wil omhels as iets goeds, moet ons verstaan hoe radikaal anders die idees van Jesus was teenoor dié van die antieke wêreld (en ons wêreld vandag).

Die Koninkryk van Jesus is ’n vreemde plek. Die met die minste status is die belangrikste. Ons moet soos kinders word as ons Hom wil volg. Kinders was in die antieke tyd onbelangrik, statusloos, hulle kon op niks roem nie, kinders kan die Koninkryk net as ’n geskenk ontvang.

Jesus het nie “klein klemverskuiwings” voorgestel nie!

Ons sal alleen diversiteit as iets positiefs kan omhels as ons dit sou waag om Jesus se idees oor wie en wat belangrik is, ernstig op te neem.

Gedagte

Jesus het meer gepraat oor hoe ons op aarde moet lewe as wat ons moet glo. Hoe sou die wêreld lyk as Jesus se droom sou waar word?

Gebed

Help my om deel te wees van U rebellie van liefde. Amen.

Onthou die tyd van gebed vanaf 25 Mei (Hemelvaart) tot 4 Junie (Pinkster).

Die huidige knelpunte roep ons om ernstig te bid vir ons land en sy uitdagings met die verwagting dat die Here ons sal gebruik om die verskil te leef. Christene word opgeroep om daagliks te bid net waar hulle hulself bevind, veral gedurende die goue uur van gebed vanaf 12:00-14:00.

Daarbenewens word gelowiges uitgedaag om veral saam met onbekende mense te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet J ·

Die politici wêreldwyd se uitsprake hedendaags kom min of meer ooreen met Jesus se voorskrifte aan sy volgelinge nl. net beloftes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.