ToekomsVenster: Josef, die skrynwerker


josef-maria-kersfees

Foto: Congerdesign/Pixabay.com

Matteus 1:20
Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ʼn engel van die Here in ʼn droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.”

Josef, hoewel uit die stam van Juda, is ʼn eenvoudige figuur. Sy beroep as skrynwerker was gewoon en vir die manne bedoel wat nie die standaard kon handhaaf om in een van die rabbynse skole opgeneem te word nie. Hy het waarskynlik die familiebesigheid oorgeneem en was hardwerkend.

Die nuus dat Maria swanger was, moes hom onkant betrap het. Hy wou haar nie in die openbaar verneder nie, hoewel hy die volste reg daartoe gehad het. Dit getuig van Josef se karakter. Hy besluit om in die geheim van haar te skei.

Voordat hy dit kon doen, verskyn ʼn engel aan hom en verduidelik wat die ware toedrag van sake is.

Josef stel ook sy goeie naam op die altaar ter wille van die roeping en die voorreg.

In watter mate beskerm ons die goeie naam van ander mense, selfs al sou ons ons bedenkinge hê?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.