ToekomsVenster: Jou eie lewe moet getuig

hande

Foto: Jeremy Yap/Unsplash.com

Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan… – Jak.1:27

Jakobus se teologiese verstaan kom oral na vore. As jy glo en sê dat jy glo moet jou lewe daarvan getuig. Woorde alleen beïndruk nie. Dit moet deur dade gerugsteun word. Weduwees en wese was en sal altyd deel van hierdie wêreld se uitdagings en hartseerverhale wees. Die gemeente in Jerusalem het juis tweespalk gehad oor die versorging van die weduwees en die wese.

In die ou Testament is die noodroep van weduwees en wese soos ʼn goue draad vervleg met die teks. Egte godsdiens is om hierdie en ander mense wat in nood verkeer by te staan. Veruiterlikte en ritualistiese godsdienstige vertoon beïndruk God nie. Hy dien daardeur.

In Jesaja spreek Hy homself in geen onduidelike terme uit teen allerlei gebruike en seremonies wat onderhou word terwyl die hart ver van God is. In die profetiese rede word die volgelinge van Jesus se geloofwaardigheid getoets en gemeet aan die mate waarin hulle noodlydendes versorg en bygestaan het. Jesus se bediening het met die nood van mense baie te doen gehad. Sy bediening was gekenmerk deur betrokkenheid en ondersteuning van sodanige mense.

Ons wil sekerlik almal geken word as mense wat op geloofwaardige wyse ons getuienis in hierdie wêreld uitleef. Jakobus help ons met die meetsnoer wat daarvoor aangelê word.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Hoor of luister ons, verstaan of weet ons,… dink nie dit gaan help as ons hoor en verstaan nie. Ons MOET DOEN… dis waar die tekkie die teer slaan. Sonder dade beteken ons Godsdiens niks . Ons is God se hande en voete. Om iemand te sien wat honger of dors het, n weduwee of wees wat sukkel en jy kyk ander pad, dis erg verkeerd. Ons moet daders van die Woord wees en nie net hoorders nie. Al sit duisende ander wat in die kerk is hande gevou, is dit elkeen se eie taak om God se opdragte te gehoorsaam en uit te voer. Gaan nie help as ons eendag sê ; ja maar daai een het dit nooit gedoen nie, hoekom moes ek nie. As jy weet wat God van jou verwag, dan doen jy dit! Elke man op die lewenspad is verantwoordelik vir homself, elkeen moet self besluit of hulle wil gehoorsaam wees of rebelleer. Mens kan nie mense verander nie, net God kan en net Hy kan in hulle werk. Ons taak as kinders van God is om Jesus se liefde te saai (deur hulp en bystand te verleen) en op ons knieë te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.