ToekomsVenster: Jou hele hart


JB-droog-karoo-04

Foto: Juanita Badenhorst.

Spr. 3:5

NV
5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.

OV
5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie

“Slim het sy baas gevang”.

Ons almal ken daardie uitdrukking. Daar is aardse en daar is hemelse wysheid. Somtyds staan die twee lynreg teenoor mekaar.

God se wysheid is van ʼn hoër orde. Dit vra gehoorsaamheid en toewyding. Dit mag reg lyk op papier maar as die Here sê nee, dan is dit nee.

Die Bybel belowe dat God ons sal help in ons besluitneming. Jy sal ʼn stem agter jou hoor wat sê “nee, hier is die pad”.

Die Psalmdigter getuig van God se begeerte en belofte om jou te lei. Vers 8.

Jakobus help ons om vir wysheid te kies.

Die wêreld mag die kop skud. Hulle mag sê dit is tog duidelik die aangewese weg.

Luister eerder na God. Dit beteken nie dat die Here altyd aweregs is wanneer dit by ons besluit kom nie. Inteendeel. Daar is wysheid in saambid, saamgesels en soek. Daar is wysheid in ander se lewensverhale, mentors en rolmodelle. Daar is baie wysheid in die bladsye van die Bybel. Maak bewustelik ʼn keuse vir die wysheid.

“Volkome” en “hele hart” vertaal ʼn mens se ingesteldheid wanneer dit by wysheid kom mooi. Nie halfhartig nie. Nie ʼn bietjie van die en ʼn bietjie van daai nie.

Jou hele hart. Met alles wat jy het, aangewese op sy leiding.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.