ToekomsVenster: Jou roeping

werk-skryf-notaboek

Foto: Unsplash/Pexels.com

“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie… Christus is die Here in wie se diens julle staan.” – Kolossense 3:23-24

Jou werk kan dus ’n daad van aanbidding teenoor God wees. Dit maak dus nie saak wat jou beroep is nie; die Bybel sê dat, terwyl ons hier op aarde is, moet ons ons werk aanwend as ’n daad van aanbidding. Om ’n maaltyd voor te berei, gaste te ontvang, ’n faktuur te teken, ’n ontleding te doen, ’n ooreenkoms te sluit, iets te verkoop, ’n voorlegging of aflewering te maak; wat dit ook al is; as ons dit doen soos vir die Here, word dit ’n daad van aanbidding.

Jy hoef dus nie jou huidige beroep te verlaat om God beter te dien op ’n ander wyse nie. Daar bestaan nie iets soos vlakke van heilige beroepe nie.

Dink hieraan

Daar sit te veel Christene op die pawiljoene van die lewe. Die pawiljoene is gereserveer vir dié wat reeds in Christus gesterf het, die sogenaamde triomfantelike kerk.

“Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop.” – Hebreërs 12:1

Hulle het gedoen wat die Here van hulle gevra het, was gehoorsaam tot die einde toe en por ons wat vandag lewe aan om met toewyding en volharding te leef. Wat soek jy tussen die “dooies”? God roep jou om voluit te lewe. Jy is geroep, bekwaam gemaak deur die Gees en word gestuur.

Gebed

Here, sal U my asseblief wys hoe ek my beroep kan aanwend om U Koninkryk te bou en U daardeur te verheerlik? Vergewe my asseblief dat ek soms so negatief raak oor my omgewing. Help my om my werk met meer entoesiasme aan te pak en te onthou dat ek nie streef na uitnemendheid om my bestuurder te beïndruk of vir ’n bevordering nie, maar omdat uitnemendheid U eer en mense inspireer. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bees ·

Jou roeping is doen jou beste vir almal en alles(natuur,erfenis ens) om jou. Feite en geen spookstories of verwagtinge!Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.