ToekomsVenster: Juig al wat leef


blydskap

Argieffoto.

Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam. – Psalm 100:4

Ek het met die bekende Psalm 100 grootgeword: “Juig al wat leef, juig voor die Heer. Dien God met blydskap, gee Hom eer. Kom nader voor sy aangesig en prys Hom met ʼn lofgedig. Gaan deur sy poorte in met lof, met lofsang in sy tempelhof. Kom in sy huis o bondsvolk saam. Verhef sy lof en prys sy Naam.”

Ons kinders leer mos nie meer woorde uit die hoof nie. Dataprojektors bederf ons met lirieke wat geredelik tot ons beskikking gestel word. Ek is meermale verleë dat ek die woorde van die liedere wat ons sing nie kan onthou nie. Dis dalk nie ʼn slegte idee om darem hier en daar iets te memoriseer nie, veral as dit by die Woord van die Here kom. Dis die waarhede wat in jou hart ʼn tuiste gemaak het waaroor jy mediteer en wat jou lewe rig.

Dan kan ek van al u roemryke dade vertel, in die poorte van Sion kan ek juig oor die uitkoms wat U gegee het. – Psalm 9:15

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan Jooste ·

Prys die Heer met blye galme – op die Voortrekkerwysie. Lofprysing tel mens se gees oombliklik op uit enige swaarmoedigheid. Voorspoed!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.