ToekomsVenster: Julle het reeds die ewige lewe


Liefde-vir-God

Argieffoto.

Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei. – Lees Psalm 48:15

Die Christelike godsdiens gee aan ons ʼn voorreg wat totaal anders is as in enige ander religieuse denkraamwerk.  Die voorreg om onsself kinders van God te mag noem.  Die naaste wat ander godsdienste daaraan kom, is ʼn versugting dat God tog aan die einde genade sal bewys.

In die naas grootste religie ter wêreld werk dit onvoorspelbaar anders.

Die ewigheid sal bekendmaak wie die toets geslaag het.  Dit gaan oor ʼn lewe van wettiese voorskrifte met allerlei handelinge om God te beïndruk.  Dit is ʼn mág, dit tref benadering. Selfs dan is God onvoorspelbaar en kan ʼn mens die ewigheid misloop.

Ook die inhoud van die ewige lewe is onverstaanbaar as wellus en onversadigbare genot die bo-toon voer.

Dis hartseer en wreed dat ʼn mens sonder enige sekuriteit moet lewe en hoop.

In Christus Jesus is ons kinders van die Vader.  Nuwe Testamenties roep die Gees in ons uit “Abba Vader”, die wyse waarop ʼn klein Hebreeuse seuntjie sy vader sou aanspreek.  Dit getuig van ʼn noue verbintenis, van liefde en vertroue, van sekuriteit en sekerheid.

Romeine 8:15

“Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie;  nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep:  “Abba!” Dit beteken Vader.”

Johannes die Evangelis leer ons dat kindskap God se gawe aan ons is.  In die Evangelie ontvang ons die reg om onsself as God se kinders te beskryf.

In sy brief word ons telkemale verseker dat ons kindskap vasstaan; hieraan weet ons.

1 Johannes 5:13

“Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo”.

Die God van die Bybel, die Vader van ons Here Jesus Christus, deur die Heilige Gees is ons (my) God.

Onverstaanbaar en onverdiend wonderlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petro Bezuidenhout. ·

Dankie ds.Jannie vir hierdie wonderlike boodskap.
Ons juig en is dankbaar vir hierdie ongelooflike gawe en genade van ‘n Vader,Seun en Heilige Gees in Wie ek glo en seker kan wees dat die Ewige Lewe my toebedeel is reeds in hierdie lewe.

neelsie ·

Ons Vader is nie net n God van beloftes nie maar van wonderdade.
Sy vrede leef in ons!!
God se genade is vir my genoeg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.