ToekomsVenster: Julle moet Hom Jesus noem

Foto: Patrick Perkins/Unsplash.com

Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. – Matteus 1:21

Josef wat aan Maria verloof was vind uit dat Maria swanger is. Die ontstellende nuus laat hom besluit om in die geheim van haar te skei. Dan verskyn ʼn engel van die Here aan hom om hom gerus te stel en verduidelik dat hierdie kindjie die Verlosser van die wêreld is. Derhalwe word Hy Jesus genoem.

Jesus beteken inderdaad Verlosser. Hy het gekom om mense van ʼn troostelose toekoms te red. Sonde het ʼn onoorkomelike muur gebou tussen mense en hul God. Geen eie poging kan daardie muur verwyder nie.

Sommige mense dink dat werke hulle voor God sal regverdig. Dit is ʼn futiele oefening. Dit is juis waarom Jesus na die wêreld gekom het om sy lewe neer te lê. Hy het gesterwe sodat ons kan lewe. Deur sy offer aan die kruis koop Hy mense wat Hom vertrou los van hul sondige verlede.

Wie egter volhard in sonde gaan verlore. Wie hulle op Jesus beroep kry die ewige lewe.

Baie van hierdie temas is in misterie gehul. Ons verstaan nie die volle inhoud van die ewige lewe, die waar en hoe daarvan nie. Wat ons weet is dat geloof in Jesus ons ʼn toekomsvisie gee, die wete dat ons saam met ons geliefdes in ewigheid by Hom sal wees.

In Johannes 14 verduidelik Jesus dat Hy gaan plek voorberei en dat Hy ons sal kom haal wanneer daardie plek gereed is. Die wete dat my sonde vergewe is en dat ek die ewige lewe het gee stukrag aan my lewe op aarde. Dit vervul my met dankbaarheid en motiveer my om tot verheerliking van sy Naam op te tree.

Dit laat my dink aan dié bekende lied se woorde: Ek was verlore maar deur sy bloed is daar nou vrede in my gemoed. Luister gerus weer na ʼn mooi vertolking van “Amazing Grace”.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dorothy ·

Here, ons klou vas aan die geloof.
Mag daar ‘n beter plek wees as die hartseer aarde.

Saintjordaan ·

h1. [[G2424]]

Original: *Ἰησοῦς*

Transliteration: *Iēsous*

Phonetic: *ee-ay-sooce’*

*Thayer Definition*: Jesus = “Jehovah is salvation”

# Jesus, the Son of God, the Saviour of mankind, God incarnate
# Jesus Barabbas was the captive robber whom the Jews begged Pilate to release instead of Christ
# Joshua was the famous captain of the Israelites, Moses’ successor ([[44.7.45|Act 7:45]], [[58.4.8|Heb 4:8]] (refs2))

# Jesus, son of Eliezer, one of the ancestors of Christ ([[42.3.29|Luk 3:29]])
# Jesus, surnamed Justus, a Jewish Christian, an associate with Paul in the preaching of the gospel ([[51.4.11|Col 4:11]])

Origin: of Hebrew origin [[d 3091]]

TDNT entry: 07:44,4

Part(s) of speech: Noun Masculine

*Strong’s Definition*: Of Hebrew origin [[[H3091]]]; _Jesus_ (that is, _Jehoshua_), the name of our Lord and two (three) other Israelites: – Jesus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.