ToekomsVenster: Julle sal my eiendom wees


 Ons-Vader-in-die-hemel

Argieffoto.

Lees Eksodus 19:1-8

Raak ‘n oomblik stil met hierdie verse. Lees dit weer stadig deur; hoor dit as God se belofte aan jou wat vir die eerste keer by die berg Sinai gemaak is. Dit getuig van God se onveranderlike, troue liefde. Waarom sukkel jy dan nog soms om Hom te vertrou?

  • Wat beteken dit vandag vir jou om daaraan herinner te word dat jy ‘n kind van God is wat Hyself uitverkies het om aan Hom te behoort?
  • Wat beteken dit om te hoor jy is ‘n koningskind, deel van ‘n koninklike geslag wat onder sy heerskappy staan?
  • Wat beteken dit om te hoor jy is sy eiendom; dat jy aan die bekwaamste, intelligenste, goedhartigste, betroubaarste Eienaar in die heelal behoort?

Hoe maklik sou dit nie wees om hiervan te getuig as dit vir jou ‘n werklikheid is nie? Om vir ander te vertel hoe Hy jou uit die duisternis van ‘n wêreld vol vergelyking en mededinging oorgebring het na die lig van harmonie en liefde waar net een volmaakte wil geld?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Jer 31:33
“Ek sal vir hulle n God wees,en hulle sal vir my n volk wees.
n Dankbare Begenadigde!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.