ToekomsVenster: Jy gooi nooit ’n ou notaboek weg

(Foto: Charl Folscher/Unsplash)

“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee”. – Eks. 20:12

Ek hoor onlangs die mooi gedagte, verwysend na senior mense wat ’n leeftyd se ervaring en kennis het maar somtyds maklik oorgesien word: “Jy gooi nie ’n ou notaboek weg nie”.

Jongmense is kosbaar, idealisties, somtyds impulsief en oordadig. Hulle energie is aansteeklik maar hul kennis en ervaring moet nog deur die meule van die lewe verwerk word.

Dit beteken hoegenaamd nie dat ons nie die ywer, lewensvreugde en wysheid van die modern geslag nodig het nie. Gee vir ’n jongmens tegnologiese uitdaging en hulle druk die regte knoppies om die probleem in ’n japtrap reg te stel.

Die ouer garde sukkel somtyds met aanpas by die nuwe tyd maar dit beteken nie dat hul wysheid en rypheid sonder vergeet kan word nie. Komplimenteer ’n ouer persoon deur sy mening oor ’n saak te vra. Jy mag verbaas word deur die insig en lewenservaring wat te voorskyn kom.

Jongmense moet somtyds hul trots en beterweterigheid in die sak steek en hulp en leiding vra.

Wat ’n vermorsing van lewenservaring en kennis as jy nie bereid is om met ander te deel nie. Stel jouself beskikbaar en verklaar jouself bereidwillig om wat jy weet te deel, ja, selfs wat jy nie weet nie te leer.

Die lewe gaan vinnig verby. Hoe lyk jou nalatenskap?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.