ToekomsVenster: Jy is met God ’n medewerker

bybel-studie-man-sit

Foto: Ben White/Unsplash.com

Besluit oor drie realiseerbare doelwitte wat jy in die vooruitsig stel vir die nuwe jaar en beplan daadwerklik daarvoor.

Benjamin Franklin supposedly once said, “If you fail to plan, you are planning to fail.”
Sir Winston Churchill is credited with another, oft repeated, saying: “Those who fail to learn from the past are doomed to repeat it.”

Mens kan nie lukraak lewe nie. Jy moet iewers heen op weg wees. Jy moet dit kan definieer. As jy nêrens mik nie sal jy telkemale die kol tref. God het ʼn doel met jou lewe. Hy noem dit heiligmaking. Om soos Jesus te wees en te word. Elke dag hoe langer hoe meer. Interessant dat sonde te doen het met die doel mis. Iemand stel dit so – Die antwoord is eintlik baie eenvoudig: Sonde is om jou doel mis te loop. Dis soos iemand wat met ’n pyl en boog na ’n teiken skiet, dit mis en dan uitroep: “Ag, sonde!” Nou ja, daardie persoon het vir seker sy doel gemis!

Dit gebeur nie sommer so in die verbygaan nie. Jy is met God ʼn medewerker. In die koms van sy Koninkryk. Heiligmaking loop deur gehoorsaamheid. Gehoorsaamheid herinner aan roeping. Roeping praat oor gawes. Gawes sien geleenthede en nood raak. Passie onderlê dit alles.

Hoe gebruik God jou? Waarmee is jy in opdrag van die Here besig? Nou besig?

Toe, jy hoef nie skaam te wees om daaroor te praat nie. Dis net ʼn gawe en opdrag. Uit jouself kan jy niks betekenisvol vir Hom doen nie.

Die lewe het verskeie aspekte wat in geloof in God saamknoop. Onderskei die bane in jou lewe. Gesin, werk, sosiale verbintenisse, finansies, studies, persoonlike verryking, ens. ens. Bedink ʼn aantal, drie as jy wil, haalbare doelwitte vir hierdie jaar. Dink strategies daaroor na. Hoe gaan jy dit doen.

Wat moet in plek kom ten einde dit ʼn werklikheid te maak?

Wat het dit met God te doen?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.