ToekomsVenster: Jy kan jouself nie verander nie


Vertroue

Foto: Reint Dykema.

Lees 2 Korintiërs 3:1-18

Hier verduidelik Paulus aan die Korintiërs hoe mense verander. Dit is baie duidelik dat niemand dit sal kan regkry deur volgens die wet te probeer leef nie. Niemand kon dit nog ooit regkry nie. Dit is juis wanneer jy in magteloosheid jouself na Christus, die Here, wend voor Hom neerval en sê: “Here, wees my genadig,” dat Hy oorneem.

Dit is dan wanneer jy jouself terugwerp op God en die gemeenskap wat tussen Vader, Seun en Gees bestaan; die gemeenskap waarvoor God jou aanvanklik geskep het. Deur God se genade word jy dan terug ontvang in sy teenwoordigheid. Jy hoef nie met vrees en bewing tot die Allerheiligste te nader soos die hoëpriester in die Ou Testament moes doen nie. Nee, jy het ‘n Hoëpriester wat die pad vir jou oopgemaak het deur ‘n volmaakte offer – sy eie lewe.

Hierdie oorgawe bring jou weer terug na hierdie volmaakte sirkel van gemeenskap tussen Vader, Seun en Gees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.